WOII Diensrekords
van
Hermanus Stephanus ENGELBRECHT
Persoonlike besonderhede
| Naam | Hermanus Stefanus Engelbrecht |
| Regiment No. | 229579V |
| Adres | Spoorweghuis 23, Zeerust |
| Vrou | MEC Engelbrecht | |
| Beroep | Spoorwerker |
| Geboorteplek | Doornhoek, Marico |
| Rang tydens ontslag | Sappier |
Fisiese eienskappe tydens inswering/diensaanmelding
23 Maart 1942
| Ouderdom | 31 |
| Lengte | 5 vt. 8" |
| Gewig | 149 |
| Gesigskleur | Donker | |
| Oe | Bruin |
| Hare | Swart |
| Borsmaat | 38" |
| Besondere kenteken | Brant teken op linker sy |
Diens in Suid-Afrika
Op 23 Maart 1942, is hy ingesweer op Zeerust waartydens hy dan ook ingedeel is in die
Railway and Harbor Brigade. Hierdie proses van inswering het bekend gestaan as
attestasie (attestation). Op 6 Mei 1942, het hy voltyds met diens begin en wel by
Sonderwater. Hy was geklassifiseer as 'n Railworker, Class C en is ingedeel by die
A Company, South African Engineering Corps(SAEC).
Vir onbekende redes is Hermanus Stefanus opgeneem in die Sonderwater hospitaal op 12 Junie
1942. Dit moes ernstig gewees het, want hy is amper 2 en 'n half maande later eers
weer ontslaan uit die hospitaal op 22 Augustus 1942. Na hierdie tyd in die hospitaal, het hy
ook 'n verdere 14 dae siekverlof gekry.
Op 24 September 1942, is hy verplaas na die Potchefstroom kamp waar hy sou bly tot
29 Maart 1943. Hierna sou hy opgeroep word vir diens in Egipte.
Diens in Egipte
Hermanus Stefanus het op 13 April 1943 aan boord die SS Monarch of Bermuda vetrek
vanaf Kaapstad. Minder as 'n maand later (op 4 Mei 1943), het hy voet aan wal gesit in Egipte
by die hawe Suez. Met sy aankoms is hy geplaas by die 83rd Engineering Store Base Depot(ESBD).
Op 4 Junie 1943 word die geboorte van sy dogter, Alberta Louisa Elizabeth, gemeld.
Vanaf 1 Oktober 1943 tot 7 Oktober 1943, was verlof toegestaan aan hom. Sekerlik sou hy die tyd
gebruik het om van Egipte se besienswaardighede te besoek.
'n Verder 14 dae verlof is aan hom toegestaan vanaf 16 Maart 1944 tot 29 Maart 1944.
Tot op hierdie stadium was hy nog geklassifiseer as 'n Railworker, maar op 6 Mei 1944, is
hy ge-herklassifiseer as 'n Non-Artisan. Non-Artisan word deur die woordeboek as 'n
ambagsman aangegee. Dit wil dus voorkom asof hy van hier af, nie meer 'n werker was nie, maar in
die veld opgetree het as landmynsoeker en -planter. Dit lyk asof sy rang ook van hier af aangegee
word as Sappier. Uit onderhoude met hom later jare, het hy wel vertel dat hy landmyne verwyder het
in die oorlog. Dit wil voorkom asof hy hiermee begin het vanaf hierdie herklassifikasie. Hoe dit
ookal sy, sy vergoeding het ook op hierdie datum verhoog vanaf 6 Pond na 7 Pond.
So word daar dan ook op 13 Junie 1944, word net gemeld dat hy In the Field was. Ek veronderstel
hulle bedoel dat hy wel aan die gevegsfront was.
Hy is weereens verplaas na die 83rd Engineering Store Base Depot op 9 Julie 1944, maar is
ook terselftertyd geplaas op die G-List wat beteken het dat hy gewag het om weer
uitgeplaas te word.
Diens in Italie
Vanaf 5 Augustus 1944, bevind hy hom in Italie. So gebeur dit dan ook dat hy op
30 Augustus 1944 van die G-List verwyder word en in die veld geplaas word by
die 21st Field Company. Die Afrika Diensmedalje asook die Afrika ster is op hierdie
dag aan hom toegeken.
Hy sou nou amper vir 'n jaar diens doen in Italie in die 21st Field Coy voor hy op
6 Augustus 1945 weer op die G-List geplaas is. Hy het nou net gewag om vervoer te
word terug Egipte toe. So het dit dan ook gebeur dat hy Italie op 29 Augustus 1945 verlaat
het, en weer terug is na Egipte. Kort voor sy dood in 2003, het hy aan sy kleinkinders
vertel dat hy aan die einde van die oorlog op die Oostenrykse grens gestasioneer was. Hy
moes dus kort voor September 1945, nog op die Oostenrykse grens gewees het.
Vanaf 12 September 1945 totdat hy weer per skip vertrek het na Suid-Afrika op 2 Desember 1945,
was hy gestasioneer by Halfway Camp in Egipte.
Terug in Suid-Afrika
Op 17 Desember 1945, land hy dan weer in Suid-Afrika in Durban se hawe. Op 18 Desember 1945, word
Hermanus Stefanus geplaas by die Assembly Camp HQ Witwatersrand in Johannesburg.
Sy ontslag is goedgekeur op 22 Januarie 1946 en op 23 Januarie 1946 is hy ontslaan.
Sy seun kan nog onthou dat hulle as kinders saamgegaan het Johannesburg toe vir die
onstlag.
Medaljes toegeken
Die volgende medaljes is toegeken aan Hermanus Stefanus Engelbrecht:
| 1939-1945 Ster |
| Afrika Ster |
| Italie Ster |
| Britse Verdedigingsmedalje |
| Oorlogsmedalje (1939-1945) |
| Afrika Diensmedalje |
Opsomming van diens
| Suid-Afrika | | 12 maande |
| Sonderwater | 5 maande |
| Potchefstroom | 6 maande |
| Johannesburg | 1 maand |
| Egipte | | 19 maande |
| Voor Italie | 15 maande |
| Na Italie(Halfway Camp) | 4 maande |
| Italie | | 13 maande |
| |
| Totaal | | 3 jaar, 8 maande |
Terug na my Genealogie bladsy.